Ziziphus mucronata | Blinkblaar-wag-'n-bietjie boom te koop
Blinkblaar-wag-'n-bietjie kan strawwe ryp weerstaan en is droogtebestand. Dit is 'n bladwisselende doringboom wat teen 'n gemiddelde tempo groei. Ziziphus mucronata het helder groen blink blare en 'n haak-en-steek doringpaar wat nogal geniepsig kan wees. (Vandaar die volksnaam wag-'n-bietjie.) Die boom bied digte somerskadu en sy dorings val selde af. 'N goeie keuse vir die groter tuin. Blinkblaar-wag-'n-bietjie is 2017 se boom van die jaar.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Blinkblaar-wag-'n-bietjie ziziphus mucronata
nie beskikbaar in 450L nie
nie verkoopgereed nie
Ziziphus mucronata (Blinkblaar-wag-'n-bietjie) in 100L te koop.
Aanbevole klein/h prys R1050 Spesifikasies:
-
Hoog 2.5m+
-
Stam 50mm+
-
Diameter 1.5m+
Ziziphus mucronata (Blinkblaar-wag-'n-bietjie) in 50L te koop.
Aanbevole klein/h prys R420 Spesifikasies:
-
Hoog 2m+
-
Stam 20mm+
-
Diameter 0.8m+