Trichilia emetica | Rooi-essenhout te koop
Rooi-essenhout kan ligte ryp weerstaan en is matig droogtebestand. Dit is 'n immergroen boom wat vinnig groei en digte skadu gee. Trichilia emetica het 'n groot donkergroen saamgestelde blaar, wat aanwending van die boom in 'n laelig toestande moontlik maak. Die boom se wortelstelsel is nie aggressief nie. Rooi-essenhout is 'n goeie keuse vir die groot tuin of park. Oorweeg Essenhout as 'n laningboom langs 'n oprit. Rooi-essenhout is deesdae 'n gewilde tuinboom wat aangeplant word as fokuspunt en digte skaduboom.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Rooiessenhout Trichilia emetica
nie verkoopgereed nie
Groot Trichilia emetica (Rooi-essenhout) in 450L te koop.
Aanbevole klein/h prys R5250
Spesifikasies:
-
Hoog 3.5m+
-
Stam 100mm+
-
Diameter 2m+
nie verkoopgereed nie
Trichilia emetica (Rooi-essenhout) in 100L te koop.
Aanbevole klein/h prys R1050
Spesifikasies:
-
Hoog 2.8m+
-
Stam 75mm+
-
Diameter 1.5m+
Trichilia emetica (Rooi-essenhout) in 50L te koop.
Aanbevole klein/h prys R420
Spesifikasies:
-
Hoog 1.8m+
-
Stam 55mm+
-
Diameter 1m+
Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.