Syzygium cordatum | Waterbessie te koop
Waterbessie kan ligte ryp weerstaaan maar is nie droogtebestand nie. Die immergroen boom verloor vinnig sy blare as dit droogte ly - 'n natuurlike oorlewingsmeganisme. Gelukkig bod die boom weer gou wanneer dit genoegsaam water kry. Syzygium cordatum groei vinnig en gee digte skadu. Sy blomme en vrugte is ook besonders. Waterbessie het 'n agressiewe wortelstel en moet liefs nie in 'n klein tuin geplant word nie. Die boom aard nie in 'n houer nie, maar reageer goed op snoei. 'n Pragtige diepskadu boom vir groot tuine of parke.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Waterbessie Syzygium cordatum
Groot Syzygium cordatum (Waterbessie) in 450L te koop.
Aanbevole klein/h prys R4350
Spesifikasies:
-
Hoog 3m+
-
Stam 100mm+
-
Diameter 2m+
nie beskikbaar in 100L nie
nie verkoopgereed nie
Syzygium cordatum (Waterbessie) in 50L te koop.
Aanbevole klein/h prys R420
Spesifikasies:
-
Hoog 1.8m+
-
Stam 40mm+
-
Diameter 0.8m+
Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.