Searsia pyroides | Gewone taaibos boom te koop
Gewone taaibos 'n middelmatig-klein, bladwisselende boom met 'n struikagtige groeiwyse en 'n nie-agressiewe wortelstelsel. Hoewel die boom algemeen in Suid Afrika voorkom, is dit redelik skaars in die handel. Searsia pyroides is bekend vir sy groot variasie in groeiwyse en voorkoms. Dit kan uiterse koue en swaar ryp weerstaan en is matig droogtebestand. Ongelukkig is dit geneig om effens wild te groei en moet by geleentheid teruggesnoei word. Plant Gewone taaibos saam met ander bome in die grootter tuin om 'n bosveld effek te gee. Die boom is 'n goeie keuse vir die rehabilitasie van eko-landgoed ontwikkelings.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantZAfrica. Searsia pyroides, Gewone taaibos
Tans slegs beskikbaar in 50L
Searsia pyroides (Gewone taaibos boom) in 50L te koop.
Aanbevole kleinhandel prys
Spesifikasies:
-
Hoog 1.5m+
-
Stam 15mm+
-
Diameter 0.8m+
R420