Salix mucronata | Kaapse Wilger boom te koop
Kaapse Wilger (ook somtyds verwys as Safsafwilger) is verbasend rypbestand en matig droogtebestand. Dit is 'n halfbladwisselende boom wat vinnig groei. Daar is verskeie subspesies van Salix mucronata. Dit is die enigste inheemse wilgerboom in Suid Afrika. Die vertoning van Safsafwilger in 'n groep lyk tipies soos die van die uitheemse wilgerboom wat ooral in die land voorkom. Salix mucronata het 'n aggressiewe wortelstelsel en aard glad nie in 'n houer nie. Die boom word nie aanbeveel vir 'n klein tuin nie.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Kaapse Wilger Salix mucronata
Groot Salix mucronata (Kaapse wilger) in 450L te koop.
Aanbevole klein/h prys R4350
Spesifikasies:
-
Hoog 3.5m+
-
Stam 100mm+
-
Diameter 2m+
Salix mucronata (Kaapse wilger) in 100L te koop.
Aanbevole klein/h prys R1180
Spesifikasies:
-
Hoog 3m+
-
Stam 60mm+
-
Diameter 1m+
Salix mucronata (Kaapse wilger) in 50L te koop.
Aanbevole klein/h prys R470 Spesifikasies:
-
Hoog 1.8m+
-
Stam 30mm+
-
Diameter 0.8m+