Ptaeroxylon obliquum | Nieshout boom te koop
Die Nieshout boom is matig rypbestand en droogtebestand. Dit gaan deur as 'n kleiner boom en het donkergroen saamgestelde blare wat 'n kompakte kroon vorm. Die boom is halfbladwisselend en vertoon mooi herfskleure. Ptaeroxylon obliquum groei teen 'n middelmatige tempo. Ons ervaring is dat Nieshout nie 'n aggressiese wortelstelsel het nie, en terwyl dit ook nie te groot word nie, is dit 'n goeie keuse vir die kleiner tuin.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Nieshout Ptaeroxylon obliquum
nie beskikbaar in 450L nie
nie verkoopgereed nie
Ptaeroxylon obliquum (Nieshout) in 100L te koop.
Aanbevole klein/h prys R1180 Spesifikasies:
-
Hoog 2.5m+
-
Stam 50mm+
-
Diameter 1.5m+
Ptaeroxylon obliquum (Nieshout) in 50L te koop.
Aanbevole klein/h prys R470 Spesifikasies:
-
Hoog 1.8m+
-
Stam 30mm+
-
Diameter 0.8m+