Leocosidea sericea | Ouhout boom te koop
Ouhout is 'n uiters geharde boom. Dit weerstaan winter temperature so laag as -6 grade Celsius. Die natuurlike groeiwyse van die boom is informeel, met laag-hangende takke. Dit is gevolglik 'n uitstekende skermboom vir die groot tuin. U kan dit opsnoei om 'n stam te vorm en sodoende die boom dwing om sy kroon hoër te vorm. Leocosidea sericea het 'n enkelsaamgestelsde twee kleur blaar -donkergroen bo en grysgroen onder. Dit dra saamgestelde geel blommetjies wat talle insekte lok. Die boom se stam en takke vertoon gou-gou oud en verweerd - vandaar die Afrikaanse volksnaam "Ouhout".
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlatzAfrica Leucosida sericea, Ouhout
Tans beskikbaar in 50L en 100L
Leucosidea sericea (Ouhout) in 100L te koop.
Aanbevole kleinhandel prys R1180 Spesifikasies:
-
Hoog 2m+
-
Stam 30mm+
-
Diameter 1.2m+
Leucosidea sericea (Ouhout) in 50L te koop.
Aanbevole kleinhandel prys R470 Spesifikasies:
-
Hoog 1.m+
-
Stam 20mm+
-
Diameter 0.8m+