Ekebergia capensis | Essenhout te koop
Essenhout kan ligte ryp weerstaaan maar is nie droogtebestand nie. Dit is 'n immergroen boom wat vinnig groei en digte skadu gee. Ekebergia capensis het helder groen saamgestelde blaar, wat aanvanklik rooierig vertoon. Die boom se wortelstelsel is nie aggressief nie. Essenhout word maklik verwar met Wildepruim omdat die blaarvorm en kleur baie dieselfde is. 'n Betroubare manier om die twee spesies te onderskei is om 'n blaar van elk te pluk. Let op na die uitskeiding van 'n helder sap uit die blaarsteelwond, wat slegs by die Wildepruim waageneem word. Essenhout is 'n goeie keuse vir die groot tuin of park. Oorweeg Essenhout vir 'n laningboom langs 'n oprit.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Essenhout Ekebergia capensis
nie verkoopgereed nie
nie verkoopgereed nie
Groot Ekebergia capensis (Essenhout) in 450L te koop.
Aanbevole klein/h prys R5250
Spesifikasies:
-
Hoog 3.5m+
-
Stam 100mm+
-
Diameter 2m+
Ekebergia capensis (Essenhout) in 100L te koop.
Aanbevole klein/h prys R1050
Spesifikasies:
-
Hoog 3m+
-
Stam 75mm+
-
Diameter 1.5m+
Ekebergia capensis (Essenhout) in 50L te koop.
Aanbevole klein/h prys R420
Spesifikasies:
-
Hoog 1.8m+
-
Stam 55mm+
-
Diameter 1m+
Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.