Celtis africana | Witstinkhout boom te koop
Witstinkhout boom pryse vanaf R375 tot R4950 afhangende van grootte. Sien hieronder
of kontak Sandra
Witstinkhout kan strawwe ryp weerstaan en is matig droogtebestand. Dit is 'n groot bladwisselende boom wat teen 'n gemiddelde tempo groei. Celtis africana hibridiseer met Celtis cinensis. lg. het 'n harde, haarlose blaar, terwyl die opregte Witstinkhout 'n sagte harige blaar het. Cinensis het 'n baie agressiewe wortelstelsel en vervuil in die tuin. Daarenteen het africana 'n nie-aggressiewe wortelstelsel en sy saad ontkiem moeilik. As gevolg van hierdie kruising kry mens ongelukkig omtrent alles tussen die twee uiterstes in die kwekeryhandel. As u 'n opregte Celtis africana wil hê, koop dit by 'n betroubare kweker/kwekery. Witstinkhout kan in 'n houer geplant word en reageer goed op snoei. Dit is 'n gewilde bonsai.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica Witstinkhout Celtis africana
Celtis africana (Witstinkhout) in 450L te koop.
Aanbevole klein/h prys R5500 Spesifikasies:
-
Hoog 3.5m+
-
Stam 60mm+
-
Diameter 1.5m+
Celtis africana (Witstinkhout) in 100L te koop.
Aanbevole klein/h prys R1050 Spesifikasies:
-
Hoog 2.5m+
-
Stam 30mm+
-
Diameter 1m+
Celtis africana (Witstinkhout) in 50L te koop.
Aanbevole klein/h prys R420 Spesifikasies:
-
Hoog 1.8m+
-
Stam 20mm+
-
Diameter 0.7m+