Carissa macrocarpa | Grootnoemnoem te koop
Grootnoemnoem kan ligte ryp hanteer en is matig droogtebestand. Dit is 'n immergroen stuik wat vinnig groei. Carissa macrocarpa het donker groen loof, vertoon wit blomme met 'n aangename soet geur, en dra groot helder rooi vrugte in oorvloed - vrugtevretende voëls se droom! Die stuik het nie 'n aggressiewe wortelstelsel nie en reageer goed op snoei. Grootnoemnoem word aanbeveel vir aanplanting in 'n klein tuin, hetsy om voëts te lok of om 'n onooglike muur af te skerm. Carissa macrocarpa groei nie hoog nie -miskien 2m- en sal eerder spreidendende takke ontwikkel.
Vir meer inligting oor hierdie struik gaan na PlantzAfrica_Grootnoemnoem Carissa macrocarpa
Struikgewas - nie beskikbaar in 450L of 100L nie
Carissa macrocarpa Grootnoemnoem) in 50L te koop.
Aanbevole klein/h prys R420
Spesifikasies:
-
Hoog 1.5m+
-
Stam 50mm+
-
Diameter 1.2m+
Nog nie verkoopgereed nie
Carissa macrocarpa Grootnoemnoem) in 10L te koop.
Aanbevole klein/h prys R90
Spesifikasies:
-
Hoog 0.6m+
-
Stam 10mm+
-
Diameter 0.2m+