top of page
Witolienhout | Witolien | Buddleja saligna te koop
Witolienhout kan strawwe ryp hanteer en is matig droogtebestand. Dit is 'n immergroen boom wat vinnig groei. Buddleja saligna word somtyds as 'n struik geklassifiseer. Dit het grys-groen blare en het 'n neiging om onderlangs lote te stoot. Witolienhout dra trosse roomkleurige blomme. Ongelukkig is sy blomtyd maar kort. Gebruik die bome in 'n digte plantkonfigurasie om 'n onooglike muur af te skerm.
​
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na PlantzAfrica_Witolienhout buddleja-saligna
Buddleja saligna (Witolienhout) in 100L te koop.
Aanbevole klein/h prys R1050
Spesifikasies:
-
Hoog 2.5m+
-
Stam 50mm+
-
Diameter 1.5m+
Buddleja saligna (Witolienhout) in 50L te koop.
Aanbevole klein/h prys R420
Spesifikasies:
-
Hoog 1.8m+
-
Stam 30mm+
-
Diameter 0.8m+
bottom of page