Breonadia salicina | Mingerhout boom te koop
Mingerhout boom prys: R520. Sien hieronder
​
of kontak Sandra
Die Mingerhout boom is ongelukkig nie rypbestand en ook nie droogtebestand nie. Dit is 'n netiese, regop, immergroen boom met lang lansetvormige heldergroen blare. Breonadia salicina groei redelik vinnig. Dit het 'n aggressiewe wortelstelsel en is geskik vir die groter tuin. Ongelukkig aard Mingerhout nie in 'n houer nie. Die boom se wortels gedy in lopende water, wat dit 'n goeie kandidaat maak om rivierwalle te stabiliseer. Breonadia salicina aard egter nie in klei grond nie.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Flora of Zimbabwe Breonadia salicina Mingerhout
nie beskikbaar in 450L nie
nie beskikbaar in 100L nie
Breonadia salicina (Mingerhout) in 50L te koop
Aanbevole klein/h prys R580
Spesifikasies:
-
Hoog 1.8m+
-
Stam 25mm+
-
Diameter 1m+
Pryse sluit BTW en afleweringskoste uit. Afslag beskikbaar volgens Treeshop beleid.