Acacia (Vachellia) xanthophloea | Koorsboom te koop
Koorsboom pryse vanaf R350 tot R4950 afhangende van grootte. Sien hieronder
of kontak Sandra
Die genusnaam het verander van Acacia na Vachellia toe. Vachellia xanthophloea kan ligte ryp weerstaan maar is nie droogtebestand nie. Koorsboom is 'n bladwisselende doringboom wat baie vinnig groei. Die boom gee halfskadu en u kan dus ander plante daaronder plant. Acacia xanthophloea vertoon 'n pragtige geel-groen stam en takke. Aanplanting van die boom in 'n groep is 'n treffende gesig. Koorsboom word baie groot en kan dus net in groot tuine geplant word. Ongelukkig aard die boom nie in 'n houer nie, en bied hierdie metode nie die oplossing vir klein tuine nie. A xanthophloea het 'n aggressiewe wortelstelsel en benodig heelwat water.
Vir meer inligting oor hierdie boom gaan na Plantz Africa Acacia xanthophloea Koorsboom
Groot Acacia (Vachellia) xanthophloea (Koorsboom) in 450L te koop.
Aanbevole klein/h prys R4950
Spesifikasies:
-
Hoog 3.5m+
-
Stam 100mm+
-
Diameter 2.5m+
Acacia (Vachellia) xanthophloea (Koorsboom) in 100L te koop.
Aanbevole klein/h prys R950
Spesifikasies:
-
Hoog 2m+
-
Stam 50mm+
-
Diameter 1.2m+
Acacia xanthophloea (Koorsboom) in 50L te koop.
Aanbevole klein/h prys R375
Spesifikasies:
-
Hoog 1.8m+
-
Stam 30mm+
-
Diameter 0.8m+